Solidariteit Helpende Hand

Solidariteit Helpende Hand is ʼn organisasie sonder winsoogmerk in Suid-Afrika wat op die volhoubare ontwikkeling van gemeenskappe fokus. Sedert die begin van die Covid-19-pandemie het hulle ook omvattende ondersteuning aan families in hul onderskeie gemeenskappe gebied.

SOLIDARITEIT HELPENDE HAND

Solidariteit Helpende Hand is ʼn organisasie sonder winsoogmerk in Suid-Afrika wat op die volhoubare ontwikkeling van gemeenskappe fokus. Sedert die begin van die Covid-19-pandemie het hulle ook omvattende ondersteuning aan families in hul onderskeie gemeenskappe gebied.

Solidariteit Helpende Hand streef daarna om die persoonlike groei van individue en die algehele ontwikkeling van die gemeenskap deur maatskaplikgebaseerde gemeenskapsontwikkeling te kweek. Dit wil Solidariteit Helpende Hand bereik deur volhoubare ontwikkelingsprogramme en -projekte, opleiding, netwerkvorming en hulpbronontginning sodat die mens deur sy of haar gemeenskap gelei word om ʼn ontwikkelde, onafhanklike, selfstandige en optimaal funksionerende persoon te word. Dit sal gesonde, funksionerende gemeenskappe meebring. Solidariteit Helpende Hand se nadruk en bedryfstrategieë is gesetel in omvattende navorsing.

Van Solidariteit Helpende Hand se belangrikste projekte sluit in:

#StopHonger

Daar is elke aand kleuters in ons gemeenskap wat honger gaan slaap.

Hulle ouers kan dit net eenvoudig nie bekostig om kos te voorsien nie. Die #StopHonger-projek is daarop gemik om te sorg dat al die kinders wat deel van Solidariteit Helpende Hand se voedingsprogram is ʼn voedsame bord kos by die skool kry. Daar is tans meer as 8 000 kleuters wat deel van hierdie voedingsprogram is. Die projek fokus daarop om behoeftige kleuterskole te ondersteun deur koopbewyse aan hulle te gee waarmee hulle kos kan aankoop. Om te verseker dat hierdie kleuters voldoende voeding kry, moet Solidariteit Helpende Hand 1,5 miljoen etes per jaar voorsien.

Rentevrye studielenings

Die Helpende Hand Studietrust bemoontlik met gedeeltelike rentevrye studielenings vir tersiêre studie aan enige geakkrediteerde Suid-Afrikaanse instelling.

 

Die destydse Mynwerkersunie, die voorloper van die hedendaagse Solidariteit, het in die 1960’s besluit om ʼn volhoubare studiefonds te stig juis omdat so baie behoeftige Afrikaanse jong mense dit destyds nie kon bekostig om te studeer nie. Solidariteit, en spesifiek Solidariteit Helpende Hand, sit hierdie inisiatief voort deur die Helpende Hand Studietrust wat oor die afgelope 15 jaar reeds meer as 12 000 studielenings ter waarde van R272 miljoen aan 6 388 behoeftige studente toegeken het.

Ons Plek

Solidariteit Helpende Hand se Ons Plek is ʼn opvoedkundige gemeenskapsprojek wat aan die vereiste regulasies voldoen.

Die klem val daarop om versorging en gehalte-onderrig in Afrikaans aan kinders te verskaf om hulle in staat te stel om hul volle potensiaal te bereik. Hierdie ondersteuning sluit die dienste van ʼn kleuterskool en naskooldienste in ʼn veilige omgewing in. Ons Plek is ʼn gemeenskapsprojek wat ʼn diens lewer aan kinders uit die Afrikanerkultuurgemeenskap en is op Christelike waardes gegrond. Lede van die gemeenskap dra by tot die volhoubaarheid van hierdie diens om die voorspoed van elke kind te help verseker.

Solidariteit Helpende Hand se landwye aktiwiteite sluit die volgende in:

Vir meer inligting oor Solidariteit Helpende Hand se ander projekte, klik asseblief op die skakel hieronder.