Die SOS verseker uitnemende Afrikaanse skole

Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) is ʼn gemeenskapsnetwerk wat uitnemende Christelike Afrikaanse onderwys vir die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskap bevorder.

Die SOS is een van meer as 20 instellings binne die Solidariteit Beweging. Ons werk saam met instellings soos Akademia, Sol-Tech, Kanton, AfriForum en Solidariteit Finansiële Dienste (SFD) om ʼn vry, veilige en voorspoedige toekoms vir ons en ons kinders aan die suidpunt van Afrika te verseker.

Die SOS se strategie is tweeledig:

Ons help bestaande skole, openbaar of onafhanklik, om hul voortbestaan en uitnemendheid te verseker.

Ons bou ʼn nuwe onafhanklike skoolstelsel om volhoubare groei en uitnemendheid in Afrikaanse onderwys te bevorder.

Die SOS glo in moedertaalonderrig, opvoedkundige uitnemendheid, innoverende denke, die voortdurende verbetering van die onderwysstelsel en die krag van ons gemeenskap.

Ons verskaf die gereedskap aan skole en gemeenskappe om hul eie suksesstories te skryf terwyl hulle voordeel trek uit die SOS se kundigheid, gesaghebbende navorsing en die dienste van die Solidariteit Beweging waarvan die SOS deel vorm.

Die druk op Afrikaanse skole om te verengels is groot. Daarom is dit vir openbare skole belangrik om deurlopend groter selfstandigheid na te streef. Die SOS help skole om dit te bereik deur uitdagings en geleenthede in die onderwysomgewing te identifiseer en rigtinggewende onderwysoplossings te verskaf.

Die Wolkskool bied ʼn uitgebreide leerplatform wat leerders wêreldwyd in staat stel om akademies te presteer. Leerders het toegang tot duisende videolesse, werkkaarte, flitskaarte en nog meer in verskeie vakke vir hoër- en laerskool, alles in Afrikaans.

Die SOS se vakverenigings het hul eie plek op Die Wolkskool in die vorm van spesiale raadsale vir onderwysers. Meer as 14 000 onderwysers het reeds toegang tot ʼn verskeidenheid hulpbronne, insluitend vraestelle, toetse en werkkaarte. Al hierdie inhoud is gemodereer, met die kurrikulum belyn en vir enige klas aanpasbaar.

Onderwysers kry ook toegang tot die Vraagbank, wat dit maklik maak om gehalte-vraestelle op te stel, en dit vergemaklik ook digitale assessering en outomatiseer die merkproses.

Die SOS is toegewyd aan die professionele ontwikkeling van onderwysers deur innoverende en inspirerende opleidingsinisiatiewe. Een van die hoogtepunte is ons jaarlikse Leierskap- en Onderwyskongres in Junie, wat onderwysers van regoor die land lok vir die uitruil van idees en beste praktyke.

Ons bied gereeld webinare en seminare aan wat deur kundiges in die beroep aangebied word wat onderwysers bemagtig, hul vaardighede verbreed en hulle inspireer en met die beste internasionale onderrigpraktyke toerus. Opleidingsgeleenthede dek ʼn wye reeks onderwerpe, van kurrikulumontwikkeling en klaskamerbestuur tot die integrasie van tegnologie in die onderwys.

Die SOS streef daarna om onderwysers met die nodige kennis en vaardighede toe te rus om die uitdagings van die moderne onderwysomgewing aan te pak en hul leerders se sukses te verseker.

Die SOS se onderrig- en leerafdeling fokus op onderwysinnovasie om die kind in sy/haar geheel te ontwikkel en met die nodige vaardighede, kennis, waardes en ingesteldheid toe te rus om in ʼn snel veranderende wêreld te floreer.

Ons benadering is drieledig:

Ons span werk saam met skole en onderwysers om doeltreffende veranderinge te implementeer en ʼn blywende impak te verseker.

Ons bestudeer internasionale beste praktyke en pas dit vir ons gemeenskap aan, wat die gebruik van optimale onderrigmetodes en tegnologieë verseker.

Ons kurrikulum fokus daarop om ons kinders plaaslik te anker en terselfdertyd met die selfvertroue en vermoë te bemagtig om globaal mededingend te wees.

ʼn Welvarende skool vorm die hart van ʼn welvarende gemeenskap. Benewens die ontwikkeling van stelsels, meetinstrumente en assesserings, fokus die SOS ook op onderrig, leer en oplossings vir die breër Suid-Afrikaanse onderwyslandskap.

Ons het verskeie gidse ontwikkel, soos onder meer die “Omgekeerde Klaskamer”, “Stasierotasie” en “ʼn Verrykte Wiskunde-kurrikulum”, wat praktiese riglyne en strategieë bied om onderwys te optimaliseer. Ons “Leesgids” bevorder leesvaardighede deur gestruktureerde onderrig.

Die SOS stel jaarliks ʼn Matriekverslag saam wat insigte en analises oor matrikulante se prestasies bied, en areas uitwys waar gefokusde navorsing en ondersteuning nodig is.

Die SOS is daartoe verbind om uitnemende Christelike Afrikaanse skole te behou en uit te bou om die volhoubaarheid van Afrikaanse onderwys te verseker.

Ons beplan om, in samewerking met ander vennote, ʼn konsessiemodel vir Afrikaanse onderwys daar te stel met ʼn ankerskool in die ooste van Pretoria. Hierdie skool sal dien as bloudruk vir nuwe onafhanklike skole. Hierdie skole sal nie net instellings wees nie, maar ook ʼn brug tussen die hede en die verlede, gebou op ons ryk erfenis van uitnemende Afrikaanse skole, om ʼn hoopvolle toekoms te verseker.

Die SOS is verbind tot die toekoms van Afrikaanse onderwys en die bewaring van ons taal- en kultuurgemeenskap.

Ons streef na opvoedkundige uitnemendheid gebaseer op beste praktyke en die oordrag van ons waardes en kultuur. Onderwysers is die spilpunt van hierdie proses. Met die integrasie van moderne tegnologie verbeter en vernuwe ons Afrikaanse onderwys om dit op ʼn sterker fondament aan toekomstige generasies te oorhandig.

Ons doen ʼn beroep op u om saam met ons te werk om ʼn voorspoedige toekoms vir ons kinders te bou.