Solidariteit Beweging vestig Afrikanerstigting om buitelandse steun te versnel

Die Solidariteit Beweging het ’n nuwe inisiatief van stapel gestuur wat ten doel het om buitelandse steun vir die werk wat die onderskeie instellings van dié beweging doen, te versnel.

Die Solidariteit Beweging het ’n nuwe inisiatief van stapel gestuur wat ten doel het om buitelandse steun vir die werk wat die onderskeie instellings van dié beweging doen, te versnel. Die Afrikanerstigting sal veral daarop toegespits wees om internasionale steun en erkenning te kry vir Afrikaners se strewe om vry, veilig en voorspoedig, en in wedersydse erkenning en respek vir en met ander gemeenskappe aan die suidpunt van Afrika voort te bestaan. In hierdie verband sal die klem veral gelê word op die werk wat die onderskeie instellings van die Solidariteit Beweging doen. Die Afrikanerstigting se werksaamhede sal nie net op steunwerwing toegespits wees nie, maar dit sal ook as platform dien waardeur Afrikaners meer aktief aan die internasionale gesprek oor die beskerming van gemeenskappe en die behoud van tradisie kan deelneem.

Dr. Ernst Roets, beleidshoof van die Solidariteit Beweging, sal ook as uitvoerende direkteur van dié stigting optree. “Die tyd is ryp vir Afrikaners om weer hul regmatige plek in die internasionale gemeenskap op te neem,” het Roets verduidelik. “Ons ervaring is dat daar al hoe meer mense oor die wêreld heen is wat toenemend bekommerd raak oor die situasie in Suid-Afrika, maar wat terselfdertyd ook ʼn bydrae wil lewer om Afrikaners in hul strewe na ʼn vry, veilige en voorspoedige toekoms te ondersteun. Natuurlik werk ons nie om Afrikaners te isoleer nie, maar juis vir die teenoorgestelde – om toenemend brûe te bou na enige persoon of gemeenskap met wie saamgewerk kan word. Die Afrikanerstigting sal dus ʼn voertuig wees waardeur steun gewerf word, maar ook waardeur verhoudinge versterk en samewerking bevorder word.”

Die stigting se aktiwiteite sal daarop ingestel wees om daadwerklike steun uit die buiteland te mobiliseer, wat samewerkingsooreenkomste met buitelandse instellings en beleidsverklarings deur buitelandse state insluit. Daarmee tesaam sal fondswerwing vir bepaalde projekte ʼn belangrike fokusgebied van die Afrikanerstigting wees.

Die geleentheid was nog net ʼn voorlopige bekendstelling, in dié sin dat die fokus hoofsaaklik op die handelsmerk, webblad en voorlopige aktiwiteite van die Afrikanerstigting geval het. ʼn Meer amptelike bekendstelling sal later volg.

Sprekers wat by die bekendstelling opgetree het, was:

Die toesprake van al drie hierdie sprekers is beskikbaar op die webblad wat so pas bekendgestel is: www.afrikaner.org. Video-opnames sal ook op die Afrikaner Stigting se YouTube-kanaal gepubliseer word. Diegene wat in die werk van die Afrikanerstigting belangstel, kan solank op die nuusbrief op dié webblad inteken.

Deel:

Meer plasings

Waarvoor veg ons?

Hier is die toespraak wat Ernst Roets in Julie 2024 in New York City gelewer het, by ‘n geleentheid wat deur die New York Young Republicans Club aangebied is. Hy het gepraat oor Suid-Afrika, die Afrikaners en ons Westerse erfenis. Ten slotte deel hy ‘n paar idees oor hoe om die vraag te beantwoord: Waarvoor veg ons?

Die Afrikanerstigting en AfriForum sluit suksesvolle ondersteunings-insamelingstoer na die VSA af

Dit is duidelik dat die internasionale gemeenskap toenemend bewus word van die uitdagings wat minderhede in Suid-Afrika soos Afrikaners in die gesig staar, asook die soort oplossings waarmee die instellings van die Solidariteit Beweging vorendag kom om hierdie uitdagings aan te spreek. Dit is die algehele waarneming van die verteenwoordigers van die Afrikanerstigting en AfriForum wat pas teruggekeer het van ‘n ondersteuningsbesoek aan die VSA.

Stuur vir ons 'n boodskap

Please enable JavaScript in your browser to complete this form.