ORANIA
Orania streef daarna om ʼn selfstandige, onafhanklike tuiste vir Afrikaners daar te stel waar elke inwoner vry, veilig en voorspoedig kan gedy. Hierdie tuiste moenie net volhoubaar wees nie, maar dit moet ook in harmonie met die kontinent in die algemeen, en met sy direkte omgewing in die besonder, kan groei en floreer.

Die strewe van Orania is deel van die Solidariteit Beweging se federale plan wat ten doel het om Afrikaners se identiteit te koester, gemeenskapstrukture vir Afrikaners op te rig en ʼn ruimte daar te stel waar Afrikaners in vryheid kan woon en werk. ʼn Kantoor is gevolglik in 2020 geopen wat die Beweging in staat stel om as medeontwikkelaar by ʼn verskeidenheid bedrywighede in Orania betrokke te raak.
Die Orania Ontwikkelingsmaatskappy (OOM) koördineer en bestuur sedertdien alle hulpverlening, beleggings en projekte van die Solidariteit Beweging in Orania. Wat die oprigting van fasiliteite betref, was OOM onder meer verantwoordelik vir die daarstelling van die Steenbok Herberg en die Gannabos-behuisingskompleks. Eersgenoemde is ʼn fasiliteit waar groepe wat Orania besoek, kan tuisgaan, terwyl laasgenoemde verblyf aan 102 gesinne verskaf. OOM was ook verantwoordelik vir die oprigting van die Bo-Karoo Veiligheidsentrum. Hierdie sentrum huisves tans ʼn mediese sentrum, en Orania se veiligheidsoptredes – sowel as dié van die streek – word van hier af gekoördineer.
Stadsboufonds
Die skep van basiese infrastruktuur is ʼn voorvereiste vir suksesvolle groei en ontwikkeling.
Aangesien die staat, wat Orania betref, geen insette lewer tot die daarstelling van enige infrastruktuur nie, is die Stadsboufonds in die lewe geroep.
Die Stadsboufonds streef daarna om die nodige kapitaal te genereer wat benodig word om Orania van ʼn dorp na ʼn stad te laat ontwikkel. Die fonds bestaan reeds vir die afgelope vyf jaar en het reeds ʼn deurslaggewende rol gespeel in die sukses wat Orania op vele terreine behaal het.
- Stedelike Ontwikkelingsraamwerk ontwerp
Wat inwonertal betref, toon Orania die afgelope paar jaar konstante groei van ongeveer 15% per jaar. Na raming kan hierdie groei selfs toeneem namate Orania die vermoë ontwikkel om sekere dienste en geleenthede aan sy inwoners te bied.
Lees meer
Deeglike beplanning is van kardinale belang sodat Orania op ʼn gestruktureerde wyse van ʼn dorp na ʼn stad kan groei. Die Orania Ontwikkelingsmaatskappy (OOM) kon met behulp van die Stadsboufonds die dienste van argitekte en stedelike ontwerpers bekom, wat ʼn volledige stedelike ontwikkelingsraamwerk vir Orania daargestel het. Alle huidige en toekomstige ontwikkeling en uitbreiding in Orania geskied aan die hand van hierdie raamwerk. Die stedelike ontwikkelingsraamwerk verseker dat Orania nie net sal groei tot ʼn goed funksionerende stad nie, maar ook oor ʼn eiesoortige karakter sal beskik.
- Energiesekerheid
ʼn Stabiele kragnetwerk is ʼn voorwaarde vir groei en ontwikkeling om plaas te vind. Surpluselektrisiteit skep nie net vertroue in ʼn bepaalde gebied nie, maar maak dit ook vir potensiële beleggers aantreklik en moontlik om in die ekonomie te belê.
Lees meer
Die Stadsboufonds se betrokkenheid by Orania se sonplaas, Orasol, verseker dat Orania, wat kragvoorsiening betref, die voortou neem wat eie kragvoorsiening betref. Orasol, wat 1,25 megawatt op piek genereer, word gerugsteun deur batterykapasiteit van 4,8 megawattuur, en bied energiesekerheid aan alle inwoners, ondernemings en nywerhede.
Die bydrae van die Stadsboufonds maak dit onder meer vir Orasol moontlik om tydens kragonderbrekings soomloos te kan oorskakel tussen die sonplaas, rugsteun en die Eskom-substasie.
Die rimpeluitwerking wat die beskikbaarheid van elektrisiteit Orania se ekonomie uitoefen, is duidelik sigbaar. Produktiwiteit wat weens gereelde kragonderbrekings nie altyd na wens was nie, het aansienlik verbeter. Terselfdertyd maak die stabiele kragnetwerk dit vir nuwe ondernemings moontlik om hul besighede op ʼn volhoubare wyse te bedryf.
- Die installasie van optiese vesel
Om suksesvol te wees in die moderne wêreld waarin ons leef, is dit van deurslaggewende belang dat ʼn gemeenskap aan die voorpunt van nuwe ontwikkeling en tegnologie moet wees en bly. Die aanlê van optiese vesel na residensiële eiendomme sowel as kommersiële persele is ʼn basiese noodsaaklikheid hiervoor.
Lees meer
Die Stadsboufonds het ʼn belangrike bydrae gelewer om ʼn vinnige, stabiele en bekostigbare basiese optieseveselnetwerk in Orania te vestig. Die projek is voorafgegaan deur meesterbeplanning, sowel as die inrig van ʼn kuberkamer vanwaar die dienste versprei word. ʼn Datatoring is opgerig om toerusting te huisves, wat bydra tot ʼn totale internet- en kommunikasieoplossing vir Orania.
- Paaie en sypaadjies
Vir Orania om as ʼn Westerse samelewing te groei en te floreer, is die beeld wat die dorp uitdra van die uiterste belang. Sedert die Romeinse beskawing word paaie as tekenend van die vlak van beskawing beskou. Die bestaan van teerpaaie word byvoorbeeld as tekenend van ekonomiese groei en ontwikkeling gesien.
Lees meer
Die Orania Dorpsraad het die afgelope paar jaar die vermoë verkry om self paaie te teer. Om hierdie taak te verrig, verg egter groot kapitale uitleg. In residensiële areas kan die koste uit die verkoop van erwe verhaal word, maar vir toegangspaaie en verbindingsweë is dit nie die geval nie. Aangesien Orania geen hulp van die staat vir die daarstelling van infrastruktuur ontvang nie, moes die geld van elders kom. Die Stadsboufonds kon deur middel van finansiële hulp die Dorpsraad bemagtig om voort te gaan met die bou en opgradering van sekere sleutelroetes.
- Opknapping van die gemeenskapsaal
ʼn Gemeenskapsaal is altyd in die sentrum van enige gemeenskap. Dit is hier waar die gemeenskap vergader om sake van gemeenskaplike belang te bespreek, saam te kuier, en om saam godsdienstige byeenkomste te hou. Dit verleen aan die gemeenskap ʼn identiteit en bind inwoners saam as ʼn hegte eenheid.
Lees meer
Orania se gemeenskapsaal is reeds in die jare sewentigs deur die destydse Departement van Waterwese opgerig. Die gebou, wat primêr van saamgeperste papierpanele gebou is, vereis deurlopende instandhouding. Met behulp van fondse wat die Stadsboufonds vir dié doel bewillig het, kon kontrakteurs begin met die opgradering van die gebou. ʼn Nuwe lugreëlingstelsel is geïnstalleer, die mure is geverf, teëls is gelê en die badkamers is vernuwe. Die nuwe voorkoms van die gebou skep ʼn indruk van styl en professionaliteit. Die Oraniërs het weer ʼn dorpsaal waarop hulle kan trots wees.

BKO
Die behoefte wat in Orania aan bekwame, goed opgeleide ambagslui bestaan, het daartoe aanleiding gegee dat Bo-Karoo Opleiding (BKO) in die lewe geroep is om toepaslike opleiding te verskaf. Op hierdie wyse voorsien BKO nie net in Orania se behoefte aan kundige ambagslui nie, maar verbeter dit ook inwoners se lewenstandaard.
OOM ondersteun ook graag ander openbare ondernemings, soos die verskillende skole, die Karoosig-aftreeoord en Helpmekaar Maatskaplike Dienste.
OOM het in 2021 in samewerking met die Orania-dorpsraad die dienste van stadsbeplanners bekom om ’n volledige stadsontwerp vir Orania daar te stel.
Hierdie ontwerp verskaf die breë riglyne waarvolgens Orania van ʼn dorp na ʼn stad kan en moet ontwikkel.
Die toenemende belangstelling in Orania het OOM in 2024 daartoe genoop om ʼn skakelkantoor in Pretoria te open sodat voornemende inwoners, sakelui en beleggers gerieflik in die hartjie van die grootste Afrikanersentrum met raad en daad bygestaan kan word.