Wat is die Leyds-werwingsinisiatief?
Afrikaners streef daarna om volhoubaar vry, veilig en voorspoedig aan die suidpunt van Afrika voort te bestaan. Die Afrikanerstigting is daarop ingestel om die werk te versnel wat reeds gedoen word om hierdie visie in praktyk te verwesenlik. Dié Leyds-werwingsinisiatief inisiatief fokus spesifiek daarop om steun vir die Afrikanerstigting uit die buiteland te versnel. Dit behels die deelname van ondersteuners vir dié saak wat as werwers vir die inisiatief sal optree. ʼn Werwer is ʼn persoon wat ingestem het om lede vir die Afrikanerstigting in die buiteland te werf en vir hierdie doel op die webblad geregistreer het. Lede stem in om ʼn maandelikse bydrae aan die Afrikanerstigting te maak. Werwers word op grond van hul uitsette vir hul moeite vergoed.
Die projek is vernoem na W.J. Leyds.

- Wie was W.J. Leyds?
Willem Johannes Leyds was die staatsekretaris van die Zuid-Afrikaansche Republiek gedurende die Tweede Vryheidsoorlog / Anglo-Boereoorlog van 1899 tot 1902. Dit was sy taak om steun in die buiteland vir die Boere te werf. Leyds het sy taak met onderskeiding uitgevoer en oorweldigende steun in die buiteland vir die Boere se saak gewerf – tot so ʼn mate dat openbare sentiment in Europa sterk ten gunste van die Afrikaners se vryheidstrewe gedraai het gedurende die oorlog.
- Wat is die Afrikanerstigting?
Die Afrikanerstigting is ʼn nuwe inisiatief van die Solidariteit Beweging wat daarop ingestel is om steun in die buiteland vir Afrikaners te werf. Hierdie steun kan in die vorm van daadwerklike optrede wees, soos ʼn parlement wat ʼn mosie aanvaar oor ʼn kwessie wat vir Afrikaners van belang is, of samewerking met die instellings van die Solidariteit Beweging; of dit kan in die vorm van finansiële bystand wees om bepaalde projekte te ondersteun. Daar word voortdurend op die stigting se webblad en deur middel van podsendings, video’s en nuusbriewe terugvoer gegee oor die werk van die Afrikanerstigting en die vordering wat met hierdie projekte gemaak word.

Waarvoor word fondse gewerf?
Die Solidariteit Beweging se visie is dat Afrikaners vry, veilig en voorspoedig aan die suidpunt van Afrika sal voortbestaan. In hierdie verband speel die Afrikanerstigting ʼn belangrike rol deur betrokkenheid uit die buiteland te bewerkstellig om hierdie visie te steun. Fondse wat deur die Afrikanerstigting ingesamel word, word deur die trustees van die Afrikanerstigting aan bepaalde prioriteitsprojekte toegewys.
Dit sluit die volgende in:
Die bou van ‘n nuwe kampus vir Akademia
Die ontwikkeling van Afrikaanse privaat skole
Die ontwikkeling van infrastruktuur in Orania
Samewerking tussen Afrikaners en ander gemeenskappe
Finansiële ondersteuning aan behoeftige jong Afrikaners in die vorm van beurse
Bepaalde veldtogte, soos veldtogte teen skadelike wetgewing
Steunwerwingsaksies in die buiteland oor kwessies wat Afrikaners raak
Die bou van ‘n nuwe kampus vir Akademia
Die ontwikkeling van Afrikaanse privaat skole
Die ontwikkeling van infrastruktuur in Orania
Samewerking tussen Afrikaners en ander gemeenskappe
Finansiële ondersteuning aan behoeftige jong Afrikaners in die vorm van beurse
Bepaalde veldtogte, soos veldtogte teen skadelike wetgewing
Steunwerwingsaksies in die buiteland oor kwessies wat Afrikaners raak.
- As jy belangstel om 'n werwer te word, los asseblief jou e-posadres, en ons sal jou binnekort kontak.
- Hoe werk die Leyds-inisiatief?
Riglyne vir die vergoeding wat die werwer kan ontvang
Getal lede gewerf teen $20 gemiddeld* |
Aanvanklike 150% uitbetaal oor drie maande (50% per maand) |
Maandelikse bedrag vir 24 maande |
Totale vergoeding (aanvanklike 150% plus maandelikse bedrag x 24) |
3 |
$90 |
$6 |
$234 |
10 |
$300 |
$20 |
$780 |
20 (20% tree in werking) |
$600 |
$80 |
$2 520 |
30 |
$900 |
$120 |
$3 780 |
50 (25% tree in werking) |
$1 500 |
$250 |
$7 500 |
100 |
$3 000 |
$500 |
$15 000 |
1 000 |
$30 000 |
$5 000 |
$150 000 |
*Let wel: Die bedrag van $20 word hier as riglyn gebruik, hoewel lede meer óf minder as dié bedrag per maand kan skenk. Die vergoeding sal dienooreenkomstig bereken word.