Die Afrikanerstigting is ʼn instelling wat deel is van die Solidariteit Beweging in Suid-Afrika, en het ten doel om internasionale samewerking en ondersteuning vir die Afrikanergemeenskap moontlik te maak. Die Stigting streef ook daarna dat die Afrikanergemeenskap weer sy regmatige plek in die internasionale gemeenskap opneem en om by te dra tot die internasionale gemeenskap met besondere fokus op die behoud van die Westerse tradisie onder Afrikaners en Westerlinge in Suid-Afrika. Die Solidariteit Beweging is ʼn netwerk van instellings wat daarop ingestel is om ʼn veilige, vry en voorspoedige toekoms vir Afrikaners aan die mees suidelike punt van die Afrika-vasteland te verseker. Die aktiwiteite van die Afrikanerstigting is daarop gemik om tasbare uitkomste buite Suid-Afrika te behaal, wat insluit die ondertekening en implementering van samewerkingsooreenkomste, die beïnvloeding van beleid ten opsigte van Suid-Afrika en fondswerwing vir die aktiwiteite van die Solidariteit Beweging in Suid-Afrika.

- Visiestelling
Dat Afrikaners hul regmatige plek in die Westerse beskawing opneem en as ’n sinvolle waardetoevoeger tot die internasionale gesprek van regoor die wêreld bygestaan word in hul strewe om volhoubaar vry, veilig en voorspoedig en in wedersydse erkenning en respek met ander gemeenskappe in die suidpunt van Afrika voort te bestaan.
- Missiestelling
Die Afrikanerstigting werk om sy visie te vervul deur sinvol tot die beskerming en uitbou van die Westerse tradisie by te dra, vanwaar dit voortdurend werk om die wêreld in kennis te stel van die situasie in Suid-Afrika en die werk wat die onderskeie instellings van die Solidariteit Beweging doen, en op grond waarvan daadwerklike en finansiële steun van regoor die wêreld verkry word om die uitvoering van hierdie werk te versnel.

Strategiese doelwitte
Die volgende strategiese doelwitte word vir die Afrikanerstigting in die vooruitsig gestel:
Doelwit 1
- Ontwikkeling van die Christelike en Westerse tradisie
Lees meer
Om ‘n toekoms vir die Joods-Christelike tradisie en Westerse beskawing in suidelike Afrika te verseker, en om ‘n bydrae vanuit hierdie streek te maak om hierdie tradisie en beskawing elders in die wêreld te beskerm en te bevorder.
Doelwit 2
- Bydrae tot die internasionale konserwatiewe beweging
Lees meer
Om die Afrikaners se regmatige plek in die Westerse beskawing te herstel deur voorspraakaksies uit te voer as ‘n leidende speler in die internasionale konserwatiewe beweging, om sodoende waarde toe te voeg tot die behoud van die Westerse tradisie.
Doelwit 3
- Globale verhoudingsnetwerk
Lees meer
Om ‘n globale netwerk van bondgenote te bou wat die visie en missie van die Afrikanerstigting ondersteun en bevorder. Hierdie netwerk se waarde sal gemeet word aan die mate waarin dit as basis kan dien van waaruit samewerking bevorder kan word om duidelik gedefinieerde uitkomste te verseker.
Doelwit 4
- Kulturele en institusionele ondersteuning
Lees meer
Om aktiewe samewerking en ondersteuning vanuit die buiteland voortdurend te verhoog. Dit sluit openbare betuigings van ondersteuning in, asook beleidsbesluite en interne ondersteuning in die vorm van samewerking met die instellings van die Solidariteit Beweging.
Doelwit 5
- Buitelandse finansiering
Lees meer
Om volhoubaar en toenemend fondse uit die buiteland in te samel om die werk wat deur die verskillende instellings van die Solidariteit Beweging onderneem word, te versnel. Dit sluit ‘n vaste inkomstestroom in die vorm van maandelikse skenkings in, sowel as ‘n veranderlike inkomstestroom in die vorm van skenkings en beleggings wat daarop gemik is om spesifieke projekte te finansier.
Doelwit 6
- Institusionele groei van Afrikaner-instellings
Lees meer
Om kapitaal oordeelkundig beskikbaar te stel vir die ontwikkeling van instellings wie se werk bydra tot die bevordering van die Afrikanerstigting se visie. Dit word hoofsaaklik gedoen deur strategiese projekte te finansier.
Doelwit 7
- Intergemeenskapsamewerking
Lees meer
Om op ‘n deurlopende basis by te dra tot ‘n volhoubare bestaan van die Afrikanergemeenskap aan die suidpunt van Afrika op ‘n wyse wat vreedsame naasbestaan en wedersydse erkenning en respek tussen gemeenskappe bevorder.
Doelwit 8
- Beste praktyk deurbrake
Lees meer
Om die werk van die Afrikanerstigting op ‘n wyse wat voortdurend innoverend is uit te voer, met die doel om nie net beste praktyke toe te pas nie, maar om deurbrake in die ontwikkeling van beste praktyke te bewerkstellig.

- Simboliek
- Simboliek
- Vergeet en vergewe
- Vergeet en vergewe
- Vergeet en vergewe